Die Denand Stoetery bestaande uit Denand Bonsmaras , Denand Ile De France en Hartzenberg Friesperd Stoet en word bebryf op die Plaas Kleinuitschot en Houthaalbomen.

Die oorspronklike plaas Kleinuitschot is in September 1920 deur Ferdinand Hartzenberg gekoop waar hy en sy seun Ferdinand geboer het. Dr Ferdi hartzenberg wat tans die eienaar is van Kleinuitschot is in 1936 op die plaas gebore en het in 1963 saam met sy vrou Judie op die plaas begin boer. Ferdinand (gebore 1971) en Dewet (gebore 1974) het onderskeidelik in 2000 en 1996 met hul gades Monjha en Anita op die plaas begin boer. Hul kinders is tans die vyfde geslag op die Familieplaas.

Die oorspronklike 257 hektaar in 1920 het tot 2993 hektaar aangegroei en buiten die vee komponent word daar tans mielies op droë lande en onder spilpunte verbou. Dr Ferdi het onderskeidelik in 1981 en 1989 met die Bonsmaras en die Ile De France begin en Ferdi en Monjha in 2000 met die Friesperde. Dewet het ook 1600 olyfbome gevestig in 2002 na die Holstein - Fries stoet in 2002 wat onder sy beheer was na 39 jaar tot niet gemaak is.

 
Ons Filosofie
 

Die teel van stoetdiere is nie slegs die vermeerdering van diere nie, maar die verbetering van diere.

 
Ons Dryfkrag
 

Om ons stoetdiere so te verbeter dat die vyfde geslag en die wat volg steeds winsgewend en gelukkig in Suid Afrika kan boer.

 
Ons Waardes
 

Om deur wetenskaplike metodes en moderne tegnologie op 'n eerbare wyse en met integriteit, na die beste van ons vermoêns, beskeie die diererasse waarmee ons boer te verbeter.

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Kontak Besonderhede
 
Kleinuitschot Boerdery (Pty) Ltd
Posbus 33
Sanieshof
2760
 
Denand Bonsmara Stoet
 
Dr. Ferdi Hartzenberg
Kontak Nommer
082-787-5036
drferdi@denand.co.za
 
Dewet Hartzenberg
Kontak Nommer
082-787-5036
dewet@denand.co.za
 
Denand Ile de France Stoet
 
Ferdi Hartzenberg
Kontak Nommer
082-821-7104
ferdi@denand.co.za
 
Hartzenberg Friesperd Stoet
 
Monjha Hartzenberg
Kontak Nommer
079-509-5425
monjha@denand.co.za
 
Ferdi Hartzenberg
Kontak Nommer
082-821-7104
ferdi@denand.co.za