Denand Ile de France Ramme en Ooie nou te koop! Kontak Ferdi vir meer inligting.
 

Die Denand Ile de France Stoet bestaan uit 330 stoetooie en 10 kuddevaars. Die Stoet , wat tans 19 jaar oud is, fokus op die produksie van stoet ramme vir die stoetmark sowel as die kommersiële mark.

Die noodsaaklikheid om winsgewend te kan boer met vleisskape het ons laat besef dat een van die belangrikste eieskappe van ‘n skaapras vinnige groei moet wees met ‘n lae voeromset. Denand het sedert 1989 diere op lae geboortegewig, melkproduksie ( 42 dae indeks) en groeivermoë (100 dae indeks) geselekteer en die seleksieproses het verseker dat slegs bo gemiddelde diere terug gehou word vir teling.

By die selektering van ramme stop die proses egter nie daar nie. Op grond van 42 en 100 dae indekse word ramme gekies om deel te neem aan ‘n Fase D groeitoets van 60 dae onder monitering van die Landbou Navorsingsraad (LNR). Ramme met ‘n indeks van onder 90 in die Fase D toets word summier geslag en na inspeksie van die Genootskap word die ramme eers te koop aangebied.

Die hoogste groei sover van ‘n ram was 704 gram per dag oor die 60 dae periode. Dit is egter belangrik om eerder na die indeks te kyk as na die gram per dag aangesien die indeks veranderlikes soos voer, weersomstandighede ens uitskakel.

Die Denand Ile de France Stoet is tans die grootste Stoet in die land.