Denand word bedryf op die familieplase Kleinuitschot en Houthaalbomen en bestaan uit die Denand Bonsmara Stoet, Ile de France Stoet asook die Hartzenberg Friesperd Stoet.

Die Denand Bonsmara Stoet bestaan tans uit 270 koeie asook 9 bulle. Die stoet is begin in 1981 deur Dr. Ferdi Hartzenberg.

Die Ile de France Stoet het voortreflike eienskappe van groot, diep, breed, goed gevleesde en gebalanseerde liggaamsbou. Die stoet is begin in 1989 en is tans die grootste in Suid Afrika.

In 2000 begin Ferdi & Monjha Hartzenberg dan ook die Hartzenberg Friesperd Stoet, maar dit is eers na 'n besoek aan Nederland dat hulle werklik besef waaroor die teling van Friesperde gaan en vandaar die besluit om die stoet uit die regte bloedlyne op te bou.

Die stoet bestaan huidiglik uit twee pragtige hingste, naamlik Maurits T en Mindert. Albei hingste word dan ook beskikbaar gestel vir dekking.

Denand glo bo uitstek dat die teel van stoetdiere is nie slegs die vermeerdering van diere nie, maar die verbetering van diere.

Lees die artikel geplaas in Veeplaas 16 April 2011.

 

 

 
 
 
 
Kontak Besonderhede
 
Denand Bonsmara Stoet
 
Dr. Ferdi Hartzenberg
Kontak Nommer
082-414-6988
drferdi@denand.co.za
 
Dewet Hartzenberg
Kontak Nommer
082-787-5036
dewet@denand.co.za
 
Ile de France Stoet
 
Ferdi Hartzenberg
Kontak Nommer
082-821-7104
ferdi@denand.co.za
 
Hartzenberg Friesperd Stoet
 
Monjha Hartzenberg
Kontak Nommer
079-509-5425
monjha@denand.co.za